Hierdie hersiene uitgawe van die Roberts Voëlgids bevat byna 1000 spesies wat in Suider-Afrika (suid van die Cunene- en Zambesi-rivier) voorkom. Die gids spog met puik nuwe illustrasiewerk wat besonderhede gee oor seisoenale, ouderdoms- en geslagsverskille in ongeveer 240 geannoteerde kleurplate, bygewerkte verspreidingskaarte, broei- en seisoenstafies en bondige dog insiggewende teks oor uitkenning, asook aspekte van biologie soos kos en roep. Voëlgeesdriftiges se biblioteke sal beslis baat by hierdie nuwe toevoeging.
210 × 140 mm
9781920602055
2018
Natural history
Soft cover
589 pages
Hugh Chittenden het meer as 50 jaar se ervaring as voëlkyker in hierdie streek. Sy belangstelling in die ornitologie het gelei tot besoeke aan afgeleë plekke in baie Afrikalande, asook elders in die wêreld. In 2012 het Hugh ’n eredoktorsgraad vir sy bydrae tot ornitologie verwerf. Hy is ’n geesdriftige voëlfotograaf (www.hughchittenden.co.za) en is die outeur van talle voëlgidse in Suider-Afrika. Hy is tans voorsitter van die John Voelcker Voëlboekfonds.
Greg Davies is al van jongs af passievol oor voëls en die natuurlewe. Greg het gevolg in die voetspore van Austin Roberts en was van 2010 tot 2016 die Kurator van Ornitologie by die Transvaalse (Ditsong) Museum in Pretoria. Hy het wyd in Suider-Afrika en ook verder gereis om voëls te bestudeer. Greg was voorheen Kurator van Entomologie by die KwaZulu-Natal Museum, Pietermaritzburg. Hy woon nou in Kalifornië in die VSA, van waar hy voortgaan met sy belangstelling in Afrotropiese voëlkunde.
Ingrid Weiersbye het in Zimbabwe grootgeword. Dié land se natuurskoon het haar belangstelling in en liefde vir alle aspekte van die natuur gevorm. Sy is ’n professionele skilder met 38 jaar se ervaring en werk in akriel- en olieverf vanuit her ateljee in Hilton, KwaZulu-Natal. Sy reis wyd rond, veral in Afrika, om foto’s te neem en haarself te vergewis van haar onderwerpe. Ingrid is ’n Trustee van die John Voelcker Voëlboekfonds en het die afgelope 12 jaar gewerk as illustreerder vir die Fonds.